Leo I van Bisantium

Leo I
Keiser van die Bisantynse Ryk
Portret van Leo I (Louvre, Parys)
Portret van Leo I (Louvre, Parys)
Bewind 457474 n.C.
Volle naam Flavius Valerius Leo Augustus
Dinastie Thraciese
Gebore 401
Oorlede 18 Januarie 474
Voorganger Marcianus
Opvolger Leo II
Eggenote Verina
Kinders Ariadne, Leontia, ’n seun (op vyf maande dood)

Leo I (Latyn: Flavius Valerius Leo Augustus, Grieks: Λέων Α′; 401 – 18 Januarie 474) was die Bisantynse keiser van 457 tot 474. Hy was ’n boorling van Dacia Aureliana naby Thracië en was ook bekend as Leo die Thraciër.

In sy 20 jaar as keiser was Leo ’n goeie heerser en het hy baie ambisieuse politieke en militêre planne deurgevoer – die meeste om die kwynende Wes-Romeinse Ryk te help en dié se eertydse grondgebied terug te wen. Hy was die eerste Bisantynse keiser wat wette in Grieks gemaak het in plaas van Latyn.[1] Leo I is ’n heilige in die Oosters-Ortodokse Kerk. Sy feesdag is 20 Januarie.[2][3]

  1. The Inheritance of Rome, Chris Wickham, Penguin Books Ltd. 2009, ISBN 978-0-670-02098-0 (page 90)
  2. Synaxaristes (gr) : Ὁ Ἅγιος Λέων Μακέλλης ὁ Μέγας. 20 Ιανουαρίου. ΜΕΓΑΣ ΣΥΝΑΞΑΡΙΣΤΗΣ.
  3. Mother of God of the "Life-Giving Spring". URL besoek op 27 Oktober 2012.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search